Mensjewis

Die Mensjewiste (Russies: меньшевики, afgelei van die woord mensje, "minder") was ’n faksie van die Marxistiese Russiese Sosiaal-Demokratiese Arbeidersparty (RSDAP). Dit het ontstaan toe die party geskeur het; die ander faksie was die Bolsjewiste (большевики, большевисты; afgelei van bolsje, "meer"). Die skeuring het plaasgevind op die tweede partykongres in 1903. Die Bolsjewiste het later die Kommunistiese Party van die Sowjetunie geword.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search